taishead

"Jy is op die punt om geestelike "VERBORGENHEDE" te ontdek oor jou ware vermoë wat in alles, altyd oorvloed kan hê! Geheime wat meeste mense nooit in hul leeftyd te wete sal kom nie...."

Spandeer slegs 5 minute, drie maal per week saam met my waarin ek hierdie onmisbare tydlose aanwysings met jou deel. Geheimenisse wat verbasende resultate in lewens oplewer"

                                                  100% GRATIS!

 

Is dit moontlik om ongeag talle terugslae, steeds triomferend anderkant te kan uitkom?

• Is daar hoegenaamd 'n einde aan seerkry?

• Is daar regtig 'n oplossing vir depressie, minderwaardigheid, skuldgevoelens en vrees?

  • Kan mens werklik dinge oorkom soos verslawing, bitterheid, woede en angs?

• Kan jou huwelik dalk nog gered word, jou verhouding met jou kinders/ouers op 'n manier nog herstel word of jou gesondheid weer verbeter?

• Is daar ENIGE manier waarop jy oorlewing kan omswaai in oorwinning?
 

DIE ANTWOORD IS VERSEKER JA!!

Registreer nou vir hierdie kragtige GRATIS  insigte en ontdek hoe maklik hierdie antwoord vir jou kan waar word!

Tik slegs jou NOEMNAAM & E-POS ADRES in en kliek die "Gratis Toegang!" skakel. Ontvang daarna drie maal per week hierdie besonderse en uiters gesogte dagstukke en nog baie meer..... (Wees verseker dat alle persoonlike inligting met die hoogste vertroulikheid hanteer word!) 

 

NB!  

Maak asb seker jou e-pos adres is korrek gespel! 

Ek sal NIE jou naam openbaar, verhuur, verkoop of beskikbaarstel aan enige derde party vir enige rede nie – nooit nie!
Ek respekteer jou e-pos privaatheid en verpes spam met 'n passie!
 

 

 

 Spesifiek vir jou vandag! Vir elke dag!

 

 
Indien jy nog wonder of jy moet inskryf, lees gou wat mense van die dagstukke sê.

 

Regtig baie dinge binne my het verbeter. Ek het vanaf 'n deurmekaar "Mixed Emotions" warboel herstel na 'n kalme rustige mens, toe ek met jou kontak gemaak het. In die begin was alles nog of dit soos 'n vetterige effek gehad het op my. Ek lees en ek weet dit is reg maar ek het nog te stukkend gevoel. Asof ek nie sal regkom nie, maar nou dat ek ook terug kyk onthou ek soos stappe het jy my geleer doen dit, doen dat en jy sal sien. Ek het dit net slaafs begin doen. Alhoewel ek ongemaklik daarmee was en te seer was het ek dit nogtans versigtig gedoen soos jy gesê het. Daar het regtig transformasie plaasgevind in my, en myself het verbeter. Alles in my was woes en deurmekaar, maar toe transformeer God weer orde en kalmte! Danksy jou kontak met my.

Dit was en is  n wonderlik reis.  Ek kan sien dat die boodskappe met n doel na my toe gestuur word. Dit beur my elke dag op.  Jy lees my soos n boek.  Of  jy my persoonlik ken.  Dis fantasies.  Nog nooit het iemand my soveel moed in gepraat nie.  Waardeer dit baie  Ek is bevoorreg om jou boodkappe te kry. 

Vanaf die eerste boodskap die jaar – voel ek hoe bruis die lewe binne in my  – die bevestiging van hierdie lewengewende boodskappe – ek wil net baie dankie se dat jy hierdie kosbaarhede deel – ek waardeer dit en eien dit toe vir myself en leef dit en ek sien hoe dit my lewe verander.
Awesome!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! 

 Ek kry nou reeds geruime tyd jou dagstukkies   ---   wat ‘n WOW !!!    Die HERE werk loshande deur jou – aan HOM die eer! Baie dankie vir jou gehoorsaamheid aan GOD se eweigheidsplan vir ons mensdom.

Salmon, ek waardeer hierdie boodskappe so – dit stig my lewe en ek pas dit toe en die kwaliteit van my lewe verbeter by die dag omdat ek my origin ontdek – my genesis! Yyyyyyiiiippppppeeeee!!! 

Hello, dankie vir hierdie boodskap! Dit het my aan die hart geruk, juis omdat ek alewig skuldig voel oor ek net nie genoeg doen nie, ek het dit nodig gehad, baie dankie, en dankie aan Ons Vader wat ons so lief het, ek is so dankbaar daarvoor!

Weereens net te fantasties!~  Baie dankie!

Hi Oom!!
Waar begin ek? Ek moet se vandat ek elke oggend my dag begin met die great boodskappe het so baie verander!! Ek sign jobs, ek is gesond, ek ervaar so n groot verskil in my lewe want ek try om als wat ek in die oggend lees toe te pas. Dis nie altyd baie maklik nie maar glo my its worth the try!!!!!
Ons Vader het my al so verbaas met als wat gebeur het, dat ek verstom staan en agterkom hoe baie Hy omgee.... My finansies het ge skyrocket my verhouding met my familie is tops, eks vreeslik happy by my werk, ek werk met goeie mense wat dit so lekker maak vir my. Ek kannie vir n split second kla nie want ek kan sien dat ek in alle areas groei. My verhouding met God is UNBREAKABLE. Believe me I am so happy and proud to have a Father that wants me to be happy and joyful. Thanks to you and all the other people at Dikaios my whole life has turned around. Eks trots op wie en wat ek is. Dankie vir die huge rol wat Oom in my lewe speel. You the BEST!
 

Baie DANKIE vir elke dag se DAGSTUKKIE, Dankie dat jy so toelaat dat ons HERE jou so wonderlik gebruik in ander se lewens.

Salmon, ek is in `n area waar dit niks lekker is nie en ek weet dis nou tyd om te groei !! Glo my dis `n stryd, maar ek het besluit om die challenge aan te pak en ek vind dat die goed wat my laat swaar kry is die goed waarmee ek al jare sukkel !! Ek het nog net nooit die geleentheid gehad en rede gehad om daardie areas to ontwikkel nie. So ek wil net vir jou sê ek vind jou “teaching” kosbaar en prakties. En wat so wonderlik is dat die dagstukkies se timing spot on is wat dit my betref. Ek het gister weer `n onsmaaklike ondervinding gehad en vanoggend is die dagstukkie presies wat ek moet hoor. Dis nie altyd wat ek wil hoor nie maar dis die waarheid. So, baie dankie vir jou invloed en teaching in my lewe dis “life changing” !!! 

Amen !!!!! Tog so waar ! Baie dankie vir al die inspirerende
boodskappies. Ek stuur dit aan ander of print dit en gee vir ander.
Heerlike dag en week vir julle !

Ek wil net vir jou laat weet dat jou boodskappe elke dag baie vir my beteken! Dis vir my soos ‘n brood wat elke oggend vars uit die oond kom  - die manna wat sin en rigting gee! 

Baie dankie jy maak elke dag so spesiaal met jou dagstuk, ek waardeer dit opreg.
Hou so aan jy inspireer baie met die Woord van God
Be blessed!

Ja weet jy ek kan nie wag om elke dag my stukkie te lees nie.  Ek was in ‘n tweestryd met baie dinge. Ek het deur my goeie vriendin by jou uitgekom. Ek het die dag by haar gaan afpak en sy het vir my na jou toe verwys en gese ek sal waardevolle pitkos kry uit die dagstukkies. En dit is so!
Baie baie dankie dat die Here jou op my pad gestuur het. Deur jou stukkies het ek ook selfvertroue EN uithouvermoë begin kry. In kort gese, ek laat my nou nie onderkry deur enige iets nie, want God is met my.

Jy sal nie glo wat jou boodskappe vir ons beteken nie! Ek en my vroutjie bly nou die laaste jaar en n half in Auckland, NZ. Laasjaar was maar taai met resessie en was ek sonder werk vir n jaar.In die laaste 21 dae het die Here ons geseën met n perfekte flat in die area waar ons nog van die begin af wou bly en met die perfekte werk in n christelike maatskappy en en en! Ons kan nie genoeg dankie se vir Jesus nie! Terselfdertyd beteken dit net so baie vir ander vriende hier vir wie ek dit forward. Mense wat deur taai tye gaan, mense met huweliks probleme ens. Almal het al iets daaruit gekry en gehelp om die regte keuses te maak!  

dankie salmon......jou woorde elke dag help my om baie dinge te face....

tot more

Elke keer as jy vir my ‘n boodskap stuur is dit 100% in lyn met wat my Vader met my praat. Baie dankie vir jou fantastiese bediening! 

Die “timing” van die dagstukkie kan nie op `n beter tyd as vandag gekom het nie. Ek beleef frustrasies vandag hier by die werk wat my amper onverantwoordelike goed laat doen het, of sê het!! Gelukkig het die “teaching” oor die afgelope tyd my deurgedra en wysheid gegee en kon ek dit verwerk, ek sê nie daarmee ek is nou OK nie. Die “gevoel” is nog hier in my binneste, maar sal later oorgaan, ons kan nie aksies neem op gevoel nie, want net nou voel ek anders en dan is die skade reeds gedoen. Thanx Brother, jou wysheid en teaching is “life changing”!

Nog 'n "prag" dagstukkie vanoggend!!!!! Laat my opnuut weer "jubel", nie net vir vandag nie, maar vir wat wag op my toekoms. God se woorde deur jou vanoggend, plaas my hoop op daardie vaste vertroue, en gee my dan die versekering dat 'n groot oorwinning op my wag!!!!!!!!! Dankie nogmaals vir die wonderlike "voeding" elke oggend!!!!!!

dankie dankie dankie dankie ek dink dit is wat ek voor gawag het!!

Baie dankie Salmon.  Hierdie is net wat ek nou moet hoor – jy is gestuur! 

Net as ek dink die werk wat jy doen is so heerlik, kom jy met nog ‘n ‘show-stopper’ voor ‘n dag! Bless you abundabtly! Ek sien uit na die volgende aflewering :-X

Jou laaste twee emails is veral opmerkend. Die Leeu en die bok; soos hulle in die MASTERcard advertensie sê - “priceless!”

Duisende dankies vir die 80ste boodskap! Jou boodskappies is my eerste email wat ek soggens lees,want jy praat en dink soos ek oor ons wonderlike,liefdevolle Vader wat ek soooooo lief het en nie sonder Hom ooit een dag wil of kan wees nie.

Jou boodskappies verryk my lewe en het al so baie dieper dinge oopgemaak en as die dag blou begin en al die dinge verkeerd gaan,lees ek net jou email oor en oor totdat ek beter voel so nogmaals dankie my vriend. Hou asb aan en weet hier word jy opreg waardeer!

Weer eens net dankie vir al die inspirerende en opbouende boodskappe! Dit maak my dag ! Ek is sooo bly dat ek uiteindelik op die regte plek uitgekom het!

Ek kan 'n baie lang stuk vir jou skryf na aanleiding van die stukkies wat ek so getrou elke dag ontvang, of ek kan sê: BAIE DANKIE! Seën vir jou

Ek kan nie my lewe indink sonder alles wat ek al by jou geleer het nie! Baie dankie Salmon 

Jou boodskappe het werklik ‘n lewensveranderende uitwerking in my lewe.  2 maande gelede was ek uiters moedeloos oor my finansies – my salaris was net nie genoeg om al my uitgawes te dek na my egskeiding nie.  Intussen het ek ‘n nuwe karretjie gekry wat my BAIE minder kos as die 2de handse motor wat ek vantevore gery het.  My huur is verminder en ek het ‘n ware godsman ontmoet om my lewe mee te deel – ons kyk daarna om Desember  te trou. Baie dankie vir jou inspraak in ons lewens!

Jy kry seker baie briefies van dank, maar uit jou dagstukkies kan ek aflei dat jy elkeen van hulle sal waardeer, daarom neem ek vrymoedigheid om te skryf "liewe" Salmon, en om weer vir jou dankie te sê vir hierdie wonderlike stukkies krag en wysheid wat jy elke oggend in my lewe kom blaas. Jy sal nooit regtig weet wat dit vir ander mense beteken nie. Moet nooit daarmee ophou nie.

Om eerlik te wees is dit die eerste email wat ek daagliks oopmaak sedert ek 21dae terug aangesluit het! En nee, ek glo nie aan toeval nie, dit is SOOS dit gebeur het, met ‘n doel! Baie dankie vir die daaglikse inspirasie, ek neem dit werklik in en probeer dit dan toepas ook! Ek deel dit ook graag met ander deur dit te stuur per email of te “post” op my Facebook blad. Daar het definitief baie dinge verander sedert ek my (werks)dae begin met die dagstukkies, baie dankie!! 

Ek kan nie verwoord watter seën ek uit die boodskappe kry nie!

Wow!! Baie dankie hiervoor - hierdie week se dagstukkies beteken soveel vir my en ek plak dit teen my muur op sodat ek daarin kan vaskyk en myself aan al hierdie dinge kan herinner en hardop uitspreek.

Dankie vir jou gehoorsaamheid aan God se woord. Jou dagstukkies was elke dag so paslik op my lewe dat ek vinning agter gekom het dit is nie net "ketting emails" nie.
Dankie dit het my so ver gehelp om my verhouding met God te versterk en sien al die vrugte in my lewe.

Elke boodskap praat direk met my elke dag. Ek lees hulle oor en oor.
Baie dankie.
As ek mag reply op jou bemoediging en sê, dit is die reinewaarheid ek het regtigwaar anders na omstandigheide; vriende; werk; liefdeslewe; etc: begin na al die dagstukkies wat ek sovêr gekry het. 
Baie dankie dat God u gebruik om so in my lewe in te spreek, en ek wil regtigwaar soos die dagstukkies uitgegaan het 'n lewe leef wat totaal en al oorgelewer is aan Jesus Christus.

Dankie vir die pragtige boodskappies. dit het soveel vir my beteken, my gehelp om weer op te staan en te waardeer wat ek het. Elke dag se stukkie  was spesiaal vir my bedoel. Dankie dat ek deel kan wees van jou groep. Dit voel wanneer ek my naam lees by die stukkie dat daar persoonlike met my gepraat word. Nogmaals dankie en mag die Here julle seen in die werk wat julle doen.

Wil net gou gou dankie se vir die wonderlike inspirasie wat ek elke dag ontvang. Ek het van TotAllesInStaat te hore gekom toe my niggie my eendag iets aanstuur wat sy weer van n vriendin gekry het. Het toe sommer dadelik aangesluit om my eie daagliks te ontvang. Ek sit hier in Australië en soms verlang ek so huis toe. Maar die lekkerste is om die Woord sommer in my eie taal te kry. Sterke en hou aan met jou goeie werk om die Woord te versprei. 

Hi Salmon baie baie dankie vir al die positiewe boodskappies.  Dit is so wonderlik en jy sal nie glo hoe my lewe daagliks verander nie.  Dit is regtig vir my wonderlik en weet jy jy sal nie glo nie!!!! Al my verskriklike emosies het verdwyn, Jesus maak my so sterk soos ‘n bees!!! Dis so wonderlik en ek is so rustig en gee nie om wat om my aangaan nie want weet jy ek is ‘n wenner in Hom en weet dit is wat Hy vir my wil he.  Ek laat my nie meer onderkry deur enigiemand nie want ek weet my Pappa Vader is in beheer.  As daar enige struikelblokke op my pad kom gee ek dit dadelik vir Hom en los dit want Hy het dit reeds vir my uitgesorteer!!!! Baie baie dankie

Dit is inderdaad so. Ek was op die punt van emosionele, fisieke en geestelike ondergang. Alhoewel ek baie vriende en familie het wat my ondersteun het was dit moeilik om rêrig waar opreg God se woord te verstaan en nog moeiliker om die stryd waardeur ek gegaan het te verstaan. Ek gaan op hierdie oomblik deur `n swaar finansiële tydperk. Ek het al daaraan gedink om selfmoord te pleeg sodat my man en kinders finansieel beter af kan wees. ( God het gelukkig nie toegelaat dat die duiwel die oorhand oor my kry nie) Hierdie daaglikse kos wat jy met my deel het my baie sterker gemaak. Dit het my net weer daarvan bewus gemaak dat God alle gebede antwoord. Ek glo dat God jou gebruik om my te antwoord en glo my elke liewe WAAROM en HOEKOM is beantwoord. Dit gaan nog lank neem om my finansies uit te sorteer, maar ek weet dat ek en my gesin nie verlore is in Sy koninkryk nie. Salmon, mag die Here jou seën!
PS: Ek deel ook die boodskappe met 4 ander vriendinne en hulle het al getuig hoe dit verandering in hulle daaglikse leefwyse gebring het.

Ek staan verstom hoe getrou die Here is !!! Ek het nog net 2 keer boodskappe van jou gekry en elke keer is dit so "spot on" dat dit my asem weg slaan.

Ek kan net sê dit was absoluut die Hand van die Here wat my vriendin na my gestuur het om jou email vir my te gee. Ek is so BLY ek was gehoorsaam om kontak te maak anders het ek BAIE uitgemis.

....sjoe dankie !!

Absoluut "awsome". 
Dankie vir die "regte" boodskap wat ek vandag MOES ontvang. 
Ons dien 'n WONDERLIKE GOD!
Dit is so lekker om al die boodskappe te kry, dit maak my positief,
dankbaar en laat mens dink. Ek het al so baie boodskappe gekry wat gevoel
het dit is spesifiek vir my geskryf.
Salmon ek is baie bly dat ek jou daagliks dagstukkies ontvang. Ek lees dit altyd heel laaste van my daaglikse e-mails, wat sê hulle nou weer - lekkerste vir laaste! Ja, ek het in hierdie 21 dae begin om BAIE meer positief te wees. Ek het deur 'n tyd gegaan van absolute moedeloosheid by my werk - is in die diep kant ingegooi en ek het gevoel ek gaan verdrink. Ek sê vir jou DANKIE dat jy grootliks deel was van my redding. Ek probeer toepas wat jy vir my stuur. Baie, baie goeie raad en maak beslis die lewe lekkerder. En wat 'n voorreg om so geseënd te wees!!! Ek sien regtig daagliks klein goedjies raak wat net maak dat ek my seëninge meer tel en bewus word van hoe die Here my seën. En die wonderlike wete dat ek AL my bekommernisse net kan gee vir Jesus. Mag jy ook net geseën word in jou werk. Ek stuur ook jou boodskappies aan vir my vriende. Van hul is oorsee en sê dat dit vir hul baie beteken.

Hierdie stukkies van jou is so deel van ons , dit laat n mens net juig!!!! . Dit is asof jy dit verwoord wat binne in n mens is   en  dit is lekker en motiveer n mens om die LIEFDE te leef !!  

Sjoe! Dit is ‘n “journey” want elke E-mail wat ek oopmaak van jou af, smile ek oor. Jou woord: Dis so in die kol vir elke dag. Baie baie dankie vir jou gehoorsaamheid. Dit laat my net weereens besef dat GOD is Alomteenwoordig, Alwetend, en Altyd daar! Die 3 A’s. Dis hoekom Vader jou kan gebruik, want jy is beskikbaar vir Hom.  

Joe, dis goed om dinge weer en weer te hoor. Dit hou ons skerp. Op ‘n mes se punt. Soos die Hollanders sê: “ doet so voort”.

Ek wil net vir jou dankie se vir elke oggend se boodskap wat ek ontvang, want dit bring my sommer weer opnuut in lyn met God se beplanning en doel vir my! EN OP DIE REGTE TYD! Ek kan nie anders as om my dag nou eerste met God te begin nie……………!

Baie dankie!! Ek het dit soooo nodig gehad vandag.  Antwoorde op my vrae oor die storms wat nou woed in my lewe.

 Sjoe! Dis kragtig! Baie dankie Salmon.

Baie Baie dankie vir my dagstukkies wat ek elke dag ontvang. Ek kan nie wag om soggens by die werk te kom om dit te kan lees nie. Voel vir my elke dag se stukkie is spesiaal net vir vandag, pas by my omstandighede en jy beleef soveel vrede.Ek print dit elke dag en neem dit vir my mense huis toe en selfs my dogter wat 1 st jaar is en die vakansie by die huis is, is dit wonderlik. Sy lees dit elke aand hardop daar in die huis vir haar en haar vriend wat by haar kuier.

Baie dankie vir elke dag!! Ek wag elke oggend in spanning
vir jou boodskap, want dit is asof elke oggend se boodskap betrekking
het op wat op my wag elke dag. Dankie vir al die bemoedigings. Ek en
my vrou waardeer dit baie.

Baie dankie. Ek ervaar dat Vader werklik deur jou werk, want elke dagstukkie kom so asof spesiaal vir my gekies! Dis so in die kol dat ek skoon hartseer word om te dink dat HY ons so lief het en bemoeienis met ons maak ongeag ons menswees met al ons foute en swakhede. Ek glo en vertrou dat die volgende 21 dae nog meer en meer vir my en al die ander mense wat ingeskryf het sal beteken en ek bid dat Vader jou so sal seën nie net om vir ander 'n seën te wees nie, maar ook omdat jy soveel vir sy Koninkryk beteken. Mag jy 'n wonderlike dag vol van Sy liefde en vrede ervaar! 

Weereens kan ek net dankie sê vir die werk wat jy doen, jy praat
baie diep met my dit voel of jy my al jare ken en dan besef ek net GOD ken my,
al my hele lewe hy het my geskape en `n plan met my lewe.
Hello Salmon vandag se dagstukkie is totally awesome!!!!!!!!!!!!!!!!! 
Liefde in JESUS

goeie more salmon...hier waar ek sit in die verre suid-korea voeg jou daaglikse pirkos baie waarde toe tot my elke dag....
duisende dankies vir hierdie spesifike een vandag...
Dit is regtig n groot seen en opbouend om die boodskappe van jou te kry ook
is ek dankbaar dat jy gehoorsaam is teenoor VADER en luister wat HY vir jou
se mag al die dae van jou lewe geseend wees.

Ek wil darem net in groot dankbaarheid noem, dat elke dag se
"gedagtetjie" wat jy deustuur so 'n absolute inpak maak op my elke dag
se bestaan, sowel as my doen-en-late, en veral met dit wat tans in my
lewe aan die gang is, rondom 'n hele paar aspekte.

Baie dankie vir die 21 boodskappe.  Ek het nie besef dit is al so lank nie.
Ek aanvaar dinge beter.  Ek kies die lewe al voel ek nie soms om dit te doen nie.  Ek het selfs begin vas omdat ek die Here toestemming gee om in my te werk en my skoon te was.  Ek bid baie meer.  Ek probeer om nie met mense te meng wat my negatief kan beïnvloed nie.  Ek het begin om meer na myself te kyk.
Ek gaan begin oefening doen sodat ek gesonder kan wees.  Ek het myself weer commit om meer Bybel te lees.  Ek het weer vir lang tye by die Here se voete begin sit sodat as Hy met my wil praat dat ek stil genoeg sal wees om Hom te hoor.  Ek het met my suster begin kommunikeer op ‘n weeklikse basis en voorheen was daar nie eintlik kontak tussen ons nie.  Ek het meer geloof begin kry.  Ek besef dat my eindbestemming en focus die Hemel moet wees en niemand gaan dit van my steel nie.
Ek besef dat ek nog baie dinge verwag van die Here om te doen wat eintlik my werk is. Ek gaan op God vertrou soos nog nooit nie 

Dankie vir hierdie dagstukkies... Jy het nie 'n idee hoeveel dit my help nie. Daar is
soveel dae en veral die laaste tyd, dat ek nie weet hoe om deur die dag te kom
nie, maar dan lees ek maar die stukkie en glo en vertrou. Soms bietjie
negatief, maar dan weer soos vanoggend is dit asof jy net die regte een vir my
gekies het. Baie dankie vir hierdie wonderlike onbaatsugtige werk wat jy
vir onse Vader doen.

Hi daar, jy het geen idee wat jou boodskappe vir my beteken nie,
dis asof Jesus direk met my praat, en soms voel ek so spesiaal al is ek
in onaangename omstandighede op die oomlik, maar ek is klei in Jesus
se hande, en Hy vorm my en vou my op die oomlik soos Hy my wil hê. Ek
kan nie genoeg dankie sê vir jou nie, jou boodskappe dra my elke dag,
en help my moed hou en om vas te glo en vertrou om te bid en te vra,
en my geloof so moet wees asof ek kla n oplossing het.


Name van mense en plekke is weerhou vir konfidensialiteit. 
.........................................................